Skip to content

Vrygemaak uit die tronk

December 6, 2010

Vrygemaak uit die tronk - deur Rhona Kieswetter

Hy het my waarlik vrygemaak sodat ek Sy Naam kan eer!

Ek het in ? pastorie grootgeword met ouers wat God met hulle hele hart gedien het. My pa het ? baie groot genesingsbediening gehad, soveel so dat sy studeerkamer vol opgeboude skoene, krukke, rug- en nekstutte was wat mense nie meer nodig gehad het nie. Van kleins af het ek weekliks wonderwerke gesien! Mense wat van kanker en rugprobleme genees is en selfs polio-bene wat binne ? week van dun tot normaal ontwikkel het.

Tog was my ma, vir solank as wat ek kan onthou, baie siek. Die hoeveelheid kere wat my pa by haar bed gekniel en gebid het, was ontelbaar. Ten spyte daarvan was hulle tot die dag van hul dood vol geloof, hoop en verwagting dat dinge sou verander. Om jou hele lewe te glo dat jou deurbraak gaan kom en jy sterf sonder dat dit gebeur, lyk amper soos ? mislukking.

Toe ek in 2000 met fibromyalgie gediagnoseer is, het ek geweet dit is presies dieselfde siekte as wat my ma gehad het. Ongelukkig het hulle nog nie in haar tyd ? naam daarvoor gehad nie, en dokters het dikwels geïnsinueer dat sy haar die pyn dalk net verbeel het. Ek kan nie aan iets wreder dink as om vir iemand wat aanhoudend pyn het, te sê dat dit haar eie skuld is en dat sy dit self fabriseer nie.

My diagnose was soos ? doodvonnis. Die dokter het seker gemaak ek verstaan dat ek dit vir die res van my lewe gaan hê en dat ek daarmee moes vrede maak. Die angs wat my beetgepak het toe ek besef dat ek, soos my ma, vir die res van my lewe met pyn moes lewe, was verskriklik! Ek het geweet watse geweldige hartseer en spanning dit op ? gesin plaas wanneer hulle moet toekyk hoe die persoon vir wie hulle lief is, elke dag ly.

In die sewe en ? half jaar wat ek siek was, het die vyand dikwels my ma se siekte gebruik om my geloof te probeer kelder. God het my belowe dat Hy my gaan genees. Maar, elke keer wat ek Sy beloftes gebid of bedink het, het die vyand vir my gesê: “Ja, maar jou ma het ook geglo en sy het dit nooit gesien nie. Jy weet sy het God voluit gedien. Wat maak jou so spesiaal?” Ek het nie ? antwoord gehad nie…nie tot baie onlangs nie.

Een ding moet jy verstaan, die vyand sal altyd probeer om dit waarmee God in jou lewe besig is, te ondermyn. Die vyand probeer om die goeie dinge wat God doen, te diskrediteer. Byvoorbeeld, vir baie jare was ek meestal net in my huis omdat ek te veel pyn gehad het om enige ander plek te gaan. In die tyd het God ons geseën sodat ek die binnekant van my huis bietjie vir bietjie kon oordoen. Ek het geweet dat God my seën, Hy het geweet dat ek baie tyd daar sou spandeer. Eendag het ek by my kamervenster gestaan en bedink hoe wonderlik God is. Hy het vir my ? mooi huis en tuin gegee, ten spyte van die geweldige fisiese lyding wat ek beleef het. Dis toe dat die vyand duidelik vir my sê, “’n Mooi tronk, né?”

Dit was asof iemand my met ? vuis geslaan het. My hele wese het geskud en gebewe… want dit was presies hoe ek gevoel het. My huis en my liggaam het vir my soos ? tronk gevoel. Die pyn het my liggaam net al hoe meer ingeperk tot ek later omtrent glad nie meer kon beweeg nie. In daardie oomblik het God my herinner aan my gunstelingskrif in Psalm 142:7 – Free me from my prison that I might praise Your Name. God se hart is altyd vol liefde en kompassie vir jou en Hy sal jou altyd aanmoedig om jou hoop te behou. Maar, die vyand sal jou skop as jy lê. Tronkdeure wat oopgaan was ? deurlopende gedagte wat God aanhoudend vir my kom belowe het.

Laasjaar het God my gewys dat my ouers deel was van die geloofshelde wat opgeskryf is in Hebreërs 11:39 : Those who believed, but never saw . God eer dié wat aanhou glo, al sien hulle nog niks nie. Moenie dat die vyand jou wysmaak dat omdat jy nog nie jou belofte ontvang het nie, jy geen geloof het nie. In God se oë is jy ? held of heldin, en Hy is trots op jou!

Ek het geweet dat daar nie mediese antwoorde op die siekte is nie en tog het ek elke moontlike mediese opsie probeer – pynpille, antidepressante, infiltrasies ensovoorts. Maar absoluut niks het my beter laat voel nie. Inteendeel, elke pil wat ek gedrink het, het soos gif gevoel. Dit het my net al slegter en slegter laat voel. Maar as jy so desperaat is, probeer jy enige iets. Ek het baie natuurlike rate ook probeer en alhoewel my dieetaanpassings en oefeninge effens gehelp het, was die pyn steeds te dikwels absoluut onhanteerbaar.

My lewe soos ek dit geken het, het gestop. As gevolg van verskriklike, aanhoudende spierpyn en spasmas, kon ek glad nie meer bestuur, enige fisiese werk doen, nêrens gaan of enige normale dagtaak verrig nie. Ek kon selfs nie lees of skryf nie want die inspanning om my kop op een plek te hou vir langer as ? paar minute, het my nek in spasma laat gaan. Vir jare kon ek nie vir my kinders wat net 20 minute van my af bly, gaan kuier nie. Om enige iets swaars aan te trek, ? handsak te dra of selfs die fynste ketting om my nek te sit, was uit. Later kon ek nie eers meer ? polonektrui of iets met ? kraag dra nie want dit het my te seer gemaak.

Enige aktiwiteit het my in spasma laat gaan. Selfs as ek gehuil het kon ek dit net vir kort tydjies doen want die nek-spasma sou veroorsaak dat ek die gevoel in my vingers verloor. Dit het gevoel asof my slaapmeganisme stukkend was, want sonder medikasie het ek weke lank net elke nag heelnag wakker gelê. Dan het ek boonop vir jare lank diarree gehad, soveel so dat ek geweldig gewig verloor het en later net ? geraamte was. Tog het dit vir my gevoel asof my liggaam ? ton weeg en my spiere van spaghetti gemaak was! Die absolute hopeloosheid en algehele moedeloosheid wat my by tye beetgepak het, was aaklig.

Omdat ek al hoe minder beweeg het, het al twee my skouerbene vasgevries en moes ek tweemaal skoueroperasies ondergaan. Daar is vir my gesê dat die spiere in my een skouer besig was om te verkalk. Na die operasies kon ek as gevolg van die geweldige pyn nie oefen om my spiere te herstel nie en het ek omtrent al die spiermassa in my bolyf verloor. Oor die jare, het die pyn van my nek af versprei na my skouers, toe na my heup en knie en later na my vingers en tone. My gewrigte het begin kraak en klak en soms het dit letterlik gevoel asof my arms uit my lyf gaan val. Ek moes baie stadig beweeg om net te probeer keer dat die pyn nie onbeheerbaar word nie, wat baie dikwels gebeur het! Sulke tye het ek net gehuil en gebid! Dit was my oorlewingsmeganisme.

My liggaam het hipersensitief geword, sodat ek later net sekere kosse kon eet. Alhoewel ek baie gesond geëet het – op ? stadium tot 18 verskillende groentes per dag – het my liggaam nie die voedingstowwe opgeneem nie. Ek kon glad nie meer vrugte eet nie en selfs ? kwart van ? appel het my vir ure in pyn gehad. Vir lank was ek baie depressief en het ek gereeld angsaanvalle gekry. Baiekeer het ek onreëlmatige hartkloppings gehad en was ek geweldig huilerig. Dikwels het my vel soos vuur gebrand of het dit vir my gevoel asof dele van my lyf een groot bloukol was. Ek was ook baie vergeetagtig. Vir jare en jare was elke wakker oomblik met aanhoudende, uitmergelende pyn en ongemak gevul. Siekte en swakheid was besig om die mens wie ek was, heeltemal in te sluk. Soms het dit gevoel asof miljoene negatiewe gedagtes my tegelyk wou oorneem en dan moes ek elke sekonde teen totale wanhoop veg.

Ek was gedurig in trane voor God se troon. God is getrou, Hy is altyd daar, altyd vol hoop en bemoediging. Sy daaglikse liefde en deernis is soveel groter as wat ons ooit sal kan verstaan. So dikwels het ek net vir Hom gesê, “Here, moet net nie ophou praat nie, want solank as wat U praat, hou dit my aan die lewe.” Hy besit waarlik die woorde van lewe, soos Petrus gesê het.

Soos Psalm 119:49 sê, Onthou tog U woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende, dat U belofte my in die lewe hou . Die aanhoudende pyn het my liggaam, gees en emosies afgetrek. Daarom het ek ? boek vol beloftes neergeskryf. Elkeen van hulle het my gedra en aangespoor om nie moed op te gee nie! Ek het geveg om positief te bly dink sodat ek nie my hoop dat dinge ten goede sou verander, sal laat vaar nie.

Die aanhoudende drukking en spanning op ons as familie was verskriklik. Om in die bediening te wees moet jy daar wees vir ander, antwoorde gee, versterk en bemoedig. Dit terwyl jy self fisies en psigies moeg is. Jy’t nie eers antwoorde vir jouself nie en dan raak jy boonop kwaad vir God omdat Hy nie dadelik inspring en dinge verander nie! Net om later weer te bely en onder Sy heerskappy en plan vir jou lewe te buig.

Reg aan die begin van die siekte, het ons ? profetiese woord ontvang wat gesê het dat ? klein swart man van Afrika vir my gaan bid en dat dinge daarna sal verander. Nodeloos om te sê, het ons vir jare elke klein swart man van Afrika wat oor ons pad gekom het, nader gesleep om vir my te bid. ? Mens kan egter nie jou eie profetiese woorde maak gebeur nie, al wil jy hoe graag. Jy kan nie God se arm draai nie, dit werk net nie!

Soveel kosbare mense en gemeentes het vir my gebid en saam met ons gestaan, terwyl ander gewonder het wat dan verkeerd is dat ek net nie gesond word nie. Paulus sê dat hy deur die hulp van die Heilige Gees en mense se gebede oorwinning behaal het. Ek kan dit waarlik ook sê. Dikwels kon ek voel hoe mense se gebede my deur die swaarkry gedra het en gekeer het dat ek moed verloor. Net die feit dat God elke slag my totale moedeloosheid weer in hoop kom verander het, was ? wonderwerk. Elke gebed, sms of oproep was waardevol en God het dit gebruik vir oorlewing en groei in ons lewens.

Tog het dinge op ? stadium so erg geword dat ek amper permanent in trane was. Die Bybel leer ons dat dit moontlik is om deur te veel droefheid verteer te word. Droefheid is ? baie sterk emosie en kan jou totaal en al oorweldig. Daar is so baie mense wat bedroef is. Dis net asof jy nie meer een enkele stukkie slegte nuus kan verduur nie. Ek het later geweier om dokter toe te gaan, veral nadat meer en meer dele van my liggaam begin pyn het. Alhoewel ek geweet het wat aangaan, wou ek dit nie meer hoor nie. Ek was so stukkend dat die naam van nog een nuwe skeet my finaal sou knak. Aan die einde van 2006 was ons stukkend verby. Dinge het al hoe vinniger agteruit begin gaan en die spoed waarteen meer dele van my lyf ingegee het, was al hoe vinniger.

Aan die einde van September, aan die einde van die Joodse kalenderjaar, staan ek saam met my man, Gary, buite in die tuin en ek sê vir hom, “Sal dit nie wonderlik wees as die volgende jaar vir ons ? jubeljaar kan wees nie?” Jare gelede het God vir ons ? jubeljaar geskenk en die vrymaking, restourasie, genesing en salwing wat ons daardie jaar ontvang het, was bonatuurlik. Dus het ons geweet wat dit sou behels as dit weer God se tyd vir ? jubeljaar sou wees. Gary was besig om te vas en was minute later op sy knieë voor God toe die Here vir hom Levitikus 25 gee om te lees. Hy lees toe in detail oor die jubeljaar:

Levitikus 25:7 – Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou negen-en-veertig jaar is. Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, ? basuingeklank laat deurgaan, op die versoendag… ? Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees.

Dit was kort voor Gary se 50ste verjaarsdag. Volgens die Joodse kalender was versoensdag die 2de Oktober 2006. Dit was slegs ? paar dae weg vanaf die dag wat ons die skrif oor die jubeljaar ontvang het. God het ons aandag gehad! Skielik was daar nuwe hoop, ons het weer kans gesien, ons het geweet dat ons weet dat dinge nou gaan begin gebeur! Een feit waarvan ons baie deeglik bewus was, was dat as God ? ding sê dan doen Hy dit. Die Bybel leer ons dat God nie ? mens is wat kan lieg nie, en dit was iets wat ons nog altyd onwrikbaar geglo het. Kort daarna het ons weer ? profetiese woord ontvang wat gesê het dat God vir my ? mediese antwoord sowel as ? wonderwerk gaan stuur. Omdat ons gees, siel en liggaam is, het ons dikwels genesing nodig op alle vlakke.

In daardie selfde maand het God reeds begin om my te wys dat Hy besig was om my vry te maak van vrees, droefheid, hartseer, teleurstelling, siekte, pyniging, vernietiging en ongeloof. Al hierdie dinge kom plak aan jou as jy aanhoudend swaarkry.

Gary moes Kaap toe gaan vir ? lang reeks dienste en hy wou my nie so lank alleen los nie. Ek kon net nie meer self regkom nie en daarom het ons gereël dat ek saamgaan en by vriende bly terwyl hy bedien. Met baie moeite en pyn is ek in die kar na die lughawe, op die vliegtuig en weer in die kar tot by ons vriende. Maar die reis was net te kwaai op my liggaam. Selfs die dag daarna was net een te veel en ek het die hele dag gehuil van pyn. Dit was een van daardie dae wat dit gevoel het asof alles verkeerd gaan en ons hele familie het op verskeie maniere geweldige aanslae beleef.

Dit was een van ons laagste punte ooit. Boonop het die gemeente waar Gary toe bedien het vir hom gesê dat hulle baie opgewonde was en dat hulle tydens die dienste herlewing verwag. Ons was stukkend voor God! Hoe kon strome van lewende water deur ons vloei terwyl ons self gevoel het soos ? droë kurk in die oseaan wat nie die vermoë het om enige iets op te neem nie?! Daardie dag het dit vir Gary gevoel asof alles in hom doodgaan en hy het vir God gesê: “Dis genoeg, ek gaan die bediening los.” Hy het gehoop dat die aanslag teen ons sal lig as ons nie meer voltyds in God se diens gestaan het nie.

Hy het die telefoon opgetel om ons vlugkaartjies huistoe te vervroeg en die week se dienste te kanselleer. Hy het ervaar dat God vir hom sê, “As jy nou huistoe vlieg, sal jy dood wees voor jy daar kom.” Hy het vir bevestiging uit die Woord gevra en God het vir hom 1 Konings 13 gegee om te lees. Dit handel oor die profeet wat gestuur was om teen die altaar te gaan profeteer. God het die profeet beveel om nie te eet of te drink nie, maar dadelik terug te keer. Die profeet was egter ongehoorsaam en is kort daarna dood. Dit was duidelik dat God ons steeds voltyds in die bediening wou hê!

Ek prys God vir Sy getrouheid! As ons daar opgegee het sou die vyand gewen het. Ons stryd om ons geloof te behou, te midde van die onmoontlike omstandighede, sou verniet gewees het.

Daardie nag het Gary 3 uur opgestaan om te bid. Hy het net weereens sy hart voor God uitgestort en het God weereens om genade gevra. Die volgende middag moes Gary ? diens by ? besigheidsgeleentheid waarneem. Na die preek het die voorsitter iemand gevra om af te sluit met gebed. Daardie “iemand” was niemand anders as ? klein swart man van Kenia nie. Die oomblik toe hy begin bid, toe weet Gary dat dié man in die troonkamer van God staan en met sy Vader praat.

Gary het agterna met die man gaan gesels. Tot Gary se verbasing het die man die volgende vir hom gesê: “Ek was gisteraand 3 uur besig om te bid toe die Here vir my ? beeld wys. Ek het jou gesien, jy het selfs die hemp aangehad wat jy nou aan het. Ek sou jou enige plek herken, al het ek jou nog nooit voorheen gesien nie. Ek is onseker wat die visie beteken, maar God het my verseker dat dit binnekort duidelik sou word.” Gary het hom genooi om ons dadelik te kom bedien. Wie het geweet dat dit só vinnig duidelik sou word!

Die vorige dag, was ek besig om Jesaja te lees, en die volgende gedeelte het my opgeval, Jesaja 64:11 – I summon from a far-off land, a man to fulfill my purpose . Ek het by myself gedink hoe wonderlik dit moet wees as God soveel moeite doen om ? man van ? ander land af te stuur om jou te bedien. Ek het nie vir ? oomblik gedink dat dit met my gaan gebeur nie! Dit is absoluut wonderlik!

Ons het die middag saam met die man van Kenia in die Woord gespandeer en was vol verwondering oor ons God. Ons het weereens saam vir my genesing gebid. Alhoewel ek steeds verskriklike pyn gehad het, het ek ? stap in die geloof geneem en iets geëet wat ek nooit voorheen kon eet nie. ? Paar uur later het ek weer aaklig gevoel en ek het steeds baie pyn gehad. Al wat ek gedink het was dat dit absoluut onmoontlik was omdat ek geweet het dat die ontmoeting met die man van Kenia ? divine appointment was. Dit was net nie moontlik dat daar weereens niks gebeur het nie! Terwyl ek nog bid, wys God my ? visie van ? klein groen plantjie wat pas uit die grond uitgekom het en nog net twee klein blaartjies aan het. Ek het dadelik geweet dat ek in die gees reeds besig was om gesond te word. My genesing het pas “ontkiem” en dit sou tyd neem om vrug te dra.

Dieselfde aand het ek my vriendin gebel en haar van die dag se gebeure vertel. Ek het stilgebly oor die pyn wat ek steeds gehad het en die visie van die plantjie. Sy het my vertel van ? visie wat God vir haar aangaande my gegee het. Sy het gesien hoe God ? saad in Sy hand neem en dit in my hart deponeer. Hierdie saad sou soos ? swangerskap groei en binnekort vrug dra. God het net weereens my genesing kom bevestig.

Ek het ook voorheen ? woord ontvang dat God my liggaam met heuning sou vul sodat ek weer soos voorheen fisies kan rond beweeg. Dit was baie vreemd omdat ek vir jare absoluut geen vorm van suiker kon inneem nie. Suiker was juis iets wat die pyn vererger het – nou gaan God dit gebruik om my te genees! Min het ek toe besef hoe absoluut akkuraat elkeen van God se beloftes in my lewe was.

Baie mense het deur die jare vir my goeie raad aangebied om gesond te word. Maar, elke keer as ek dit probeer het, was ek net van vooraf teleurgesteld. Ek was naderhand so moeg vir rate gewees, dat ek die piep wou kry elke keer as ek van nog ? wonderkuur gehoor het.

? Paar maande voordat die man van Kenia vir my gebid het, het iemand vir my ? DVD gegee om te kyk. Die DVD het oor ? natuurlike aanvulling genaamd glyconutrients gehandel. Soos gewoonlik het ek net “dankie” gesê en dit in die kas gegooi sonder om daarna te kyk. Maande later het my toestand so versleg dat ek net ? tree weg van ? rolstoel was. Ek het absoluut niks meer oorgehad om te verloor nie. Dinge kon nie slegter gaan nie. Al wat voorgelê het was ? lang uitgerekte lewe van lyding sonder enige lewenskwaliteit. Ek sou nooit my kleinkind kon vashou nie. Ek sou aanhou toekyk hoe my gesin swaarkry as gevolg van my lyding. Dit was beslis nie wat ek vir myself ingedagte gehad het nie, en ek weet dit was ook nie God se plan vir my nie! Ek het toe besluit om maar die DVD te kyk.

Ek het omtrent 50 mense se getuienisse van genesing van auto-immunsiektes gehoor wat die produk begin gebruik het. Ek het besluit om dit vir ? jaar kans te gee. As dit nie sou werk nie, dan kon ek dit ook op my lysie van mislukte pogings afmerk.

Die Bybel sê immers in Spreuke 18:9 in die Amplified vertaling, He who does not use his endeavors to heal himself is brother to him who commits suicide. Dit is belangrik dat ons verantwoordelikheid neem vir ons gesondheid. Ons moet reg eet, aanvullings neem en genoeg rus en oefen sover as wat dit vir ons moontlik is.

Nadat ek vir ? paar weke die produk gebruik het, het die Here my aan die “heuning-visie” herinner. Ek het dadelik geweet dat dit in Sy wil was vir my om dit te gebruik. Wat so wonderlik is, is dat glyconutrients juis gaan oor die 8 essensiële suikers of koolhidrate wat nodig is om jou immuunstelsel te versterk sodat jou liggaam homself kan herstel. God was waarlik besig om heuning te gebruik om my te genees!

Omdat ek vir so baie jare siek was, was my liggaam baie suur. God het iemand oor my pad gestuur wat my gehelp het om die regte aanvullings te neem sodat my liggaam se pH balans weer na normaal kon terugkeer. Na ? paar maande het dinge begin verander… God het werklik vir my ? wonderwerk en ? mediese antwoord gegee net soos Hy belowe het! My liggaam was nie meer so hipersensitief nie en ek het skielik vir soveel meer kans gesien. My spysvertering het herstel en die pyn het stadig maar seker begin lig. Ek was in absolute ekstase toe ek vir die eerste keer in amper 8 jaar vir ? hele maand sonder pyn was…dit was onbeskryflik! In Desember 2007 het ek met watergewere in die tuin rondgehardloop en my kinders natgespuit. Iets wat ek vir jare nie sou waag om te doen nie!

Nou kan ek huppel, spring en hardloop sonder om in spasma te gaan. Ek kan weer kar bestuur, gaan waar ek wil en al my normale huishoudelike take verrig. Ek dra swaar stringe krale, hoëhakskoene en swaar handsakke en belde – net omdat ek kan! Ek het meer gelag in die afgelope paar maande as in die afgelope 8 jaar! Prys die Naam van Jesus, ek is totaal en al vry van fibromyalgie!! Presies nege maande nadat God vir my gesê het dat my genesing soos ? swangerskap sal wees, het ek my eerste pynvrye maand beleef. Is God nie getrou nie?

Een ding wat ek nie kon verstaan nie was hoekom die Here gekies het om ? natuurlike produk by die wonderwerk in te sluit. Sou Hy nie meer eer ontvang het as ek slegs bonatuurlik genees was nie? Sy antwoord was dat ek op die manier ook die wonderwerk aan ander kan gee.

Ons wil so dikwels vir God voorskryf hoe Hy sy beloftes in ons lewens moet vervul. Ons het hierdie idee in ons koppe hoe ons dink dit die beste sal werk en ons weier om enige ander hulp te ontvang. Ek moes myself ondersoek om vas te stel of ek te oorgeestelik was en of ek te trots was om hulp uit ? natuurlike oord te ontvang.

God het vir my ? beeld van iemand wat besig was om te verdrink, gewys. Skielik het ? weerligstraal ? boom getref en dit het tot in die water geval. Die man het aan die tak gegryp en homself uitgesleep. Toe wys God vir my ? ander scenario waar dieselfde man weer besig was om te verdrink. Toevallig ry ? vreemdeling verby, hoor sy hulpgeroep, en help hom uit die water uit. Dink jy die drenkeling gee om of die hulp bonatuurlik of natuurlik gekom het? Hy weet net dat die feit dat hy sy lewe terug ontvang het, ? wonderwerk is!

Ek eer God vir Sy wonderwerk in my lewe en die vervulling van elkeen van Sy beloftes. Hy het my waarlik vrygemaak uit my tronk sodat ek Sy Naam kan eer!

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 5,216 other followers

%d bloggers like this: