Skip to content

Geniet die lewe met mekaar

October 20, 2010

Geniet die lewe met mekaar – deur Gary Kieswetter

Begin die pad van volgehoue gesondheid stap om die taak wat God jou opgelê het, met ywer en durf te kan voltooi!

Kyk jy ook dikwels na die afkondigingsblaadjie in die kerk en sien die name van talle siek mense waarvoor weekliks gebid moet word? Te gereeld is daar nie die herstel waarvoor gehoop of gebid is nie. Of het jy al self vorentoe gegaan vir gebed, vertrou dat jy genees is, net om later uit te vind dat die siekte of probleem steeds teenwoordig is?

Wat nou gemaak? Wil God my dan nie gesond maak nie, glo ek nie genoeg nie, of is daar ? stukkie van die legkaart wat ek nog nie het nie? Ons weet immers nie alles nie…

God is groot, God is soewerein, soms genees God, soms nie. God skuld niemand ? antwoord nie. Hy het egter sekere reëls op aarde ingestel. Daar is sekere natuurwette, byvoorbeeld seisoene en die wet van gravitasie, ensovoorts. As ons hierdie wette minag of ignoreer, is daar sekere gevolge. As ek byvoorbeeld van ? vierverdieping gebou se dak afspring in die hoop dat God my lewe gaan red, is daar sekere gevolge. Dan kan my reaksie wees; “maar ek glo dan nie in die wet van gravitasie nie” of “ek het dan gebid dat die engele my sou vang.”

Hoekom gebeur dit dan nie? Kan God Sy eie wette breek? Natuurlik kan Hy! Dink byvoorbeeld aan die skeiding van die Rooi See, manna uit die hemel, verandering van water in wyn, Moses en die brandende bos, Jona en die vis en talle ander. God kan natuurreëls breek. Hy het dit gedoen vir baie spesifieke redes en Hy het die glorie daarvoor ontvang.

Jy mag dalk wonder wat het God, natuurwette en gesondheid in gemeen? Alles! Net soos sekere reëls en beginsels in die natuur geld, is daar sekere reëls en beginsels ten opsigte van God se tempel op aarde, jou menslike liggaam. Of ons onkundig is, of nie in die wette glo nie, die uiteinde is dieselfde – ons liggame gaan agteruit – soms vinnig en soms stadig en pynlik.

Ons voorouers en ouers het baie van hierdie beginsels geken. Sommige is ou beginsels wat nuut toegepas word in die postmoderne era waarin ons ons bevind. ? Era waar daar nuwe en eiesoortige aanslae op die liggaam is soos nooit tevore nie.

Wanneer jy ? legkaart vir die eerste keer uit die boks haal, is dit moeilik om te glo dat die stukkies karton ? pragtige prent vorm. Stel jou voor hoe moeilik dit is om die legkaart te bou as jy nie die prentjie buite op die boks het wat wys hoe die eindproduk behoort te lyk nie. As ons die prentjie het, kan ons soek en stukkies pas totdat ons ? pragtige legkaart voltooi het!

Vir ‘n gesonde liggaam is daar verskeie legkaartstukkies nodig om al die sisteme van ons Godgeskape tempel te laat funksioneer soos die Skepper dit bedoel het. Baiekeer dink ons ons pas die regte legkaart stukkies in mekaar. Die realiteit is egter dat die prentjie van gesondheid in ons gedagtes, wat deur die media gevorm word, baiekeer skeef of onvolledig is. Dit veroorsaak dat ons dink ons weet wat ons doen ten opsigte van ons gesondheid, maar steeds ernstige siektes ontwikkel en dan nie verstaan hoekom dit gebeur nie.

In die volgende paar maande deel ek graag met jou ‘n paar van hierdie legkaartstukke, en gaan ek jou help om dit maklik in jou eie lewe toe te pas.

Die eerste en waarskynlik die belangrikste legkaartstukkie is om die liggaam skoon te maak.

Ek konsulteer mense op ? daaglikse basis oor gesondheid, en vind dat die meeste mense se liggame vol gifstowwe is. Die belangrikste skoonmaakmiddel in die liggaam is goeie kwaliteit gefiltreerde water. Dis baie interessant om deur Levitikus te lees, en te sien hoe dat God vir byna alle onreinhede water as skoonmaakmiddel gegee het. Meeste mense wie ek konsulteer reken dat hulle genoeg vloeistof inneem. Alle vloeistof is egter nie goed vir die skoonmaak van die liggaam nie. Jy gebruik byvoorbeeld nie koffie of tee of sap om jou wasgoed te was nie, jy gebruik skoon water.

Wanneer jy dus jou liggaam wil skoon was van onsuiwerhede, is dit uiters belangrik om die regte soort water te gebruik. Gewone kraanwater is eenvoudig nie goed genoeg nie. Om water aan die massas te voorsien word allerhande chemikalieë by die water gevoeg om skadelike goggas dood te maak. Dis ? goeie ding, buite die liggaam, anders vrot die water. Binne die liggaam is dit egter nadelig, omdat dieselfde chemikalieë ook die vriendelike bakterieë binne die spysverteringstelsel doodmaak. Hierdie bakterieë is belangrik om sekere van die mikro voedingstowwe uit kos om te skakel in vorme wat die liggaam kan aanwend om sy selle te voed. Bakterieë binne die spysverteringskanaal is ook uiters belangrik om ? gesonde immuunstelsel te handhaaf.

Omdat gebottelde water geen van die nadelige chemikalieë bevat wat in kraanwater voorkom nie, word dit as ? beter alternatief beskou. Die probleem is egter, omdat daardie chemikalieë nou nie in die water is nie, kan die bakterieë binne die bottel sommer maklik aanteel. Hierdie bakterieë is nie altyd goed vir die liggaam nie.

Die heel beste water is natuurlike, onbesoedelde bergstroom water. Natuurlike water bevat spoorelemente van essensiële minerale wat ons liggaam benodig om korrek te funksioneer. Ons praat nie van die paar bekende minerale wat mens in meeste goeie multivitamien aanvullings kry nie. Nee, hierdie is minerale in mikro hoeveelhede byvoorbeeld: fosfor, gallium, silver, ytterbium, vanadium, chroom ens. Ons benodig ongeveer sewentig soorte van hierdie minerale in mikro hoeveelhede. Ongelukkig woon ons in die stad waar bergstroom water nie ? opsie is nie.

Die beste plaasvervanger vir bergstroom water is gefiltreerde water. Gebruik ? KDF tipe filter om jou water mee te filter. Hierdie filter bevat geaktiveerde koolstof om die slegte smake en onaangename reuke te verwyder en chloor uit die water te haal. Verder bevat dit silwer om die water van bakterieë en ander ongewenste lewendige organismes te steriliseer. KDF is ? allooi van sink en koper wat swaar metale verwyder, maar goeie minerale deurlaat. Afhangend van die vervaardiger se spesifikasies, filtreer hierdie filter gemiddeld 20 000L water voordat dit vervang moet word. Die koste is minder as 5c per liter!

Omdat kraan water deur groot suiwerings aanlegte gaan en behandel word voordat dit by die filter ingaan, is die gefilterde water arm aan spoorminerale. Dit is dus nodig om die minerale in die water terug te plaas. Die heel beste vorm van minerale is ioniese minerale, wat natuurlik deur rotse by water gevoeg word soos wat die water daaroor vloei. Omdat ons in die stad woon, behoort ons ioniese minerale by die water te voeg om beide die mineraal balans te herstel en ook die P.H van die water alkalies te maak.

Die hoeveelheid water wat jy behoort in te neem tydens ? ontgiftiging periode hang van jou gewig af. Hier is ? interessante manier om te sien hoe gesond jou liggaam is ten opsigte van die hoeveelheid water wat jy per dag drink.

Jou liggaam is ongeveer 70% water. Om gesond te wees moet hierdie water gereeld geruil word, soos in ? opgaar tenk, anders word dit sleg. Indien jy 85kg weeg (70% water van 85kg = 59 liter) en 1 glas water van 250ml per dag drink, neem dit 236 dae om die water massa in jou liggaam te ruil met vars water (59L/250ml=236 dae). Indien jy 2L water per dag drink (koffie, tee, sap en koeldrank word nie as water gereken nie) neem dit 1 maand om die water in jou liggaam te ruil. Die ideaal is om die water in jou liggaam elke 2 weke of selfs korter te ruil.

Party mense reken dat jy te veel water kan drink. Indien jy goeie kwaliteit gefiltreerde water met ioniese minerale daarin drink, is daar geen manier om jou liggaam te beskadig met selfs drie keer die aanbevole hoeveelheid water per dag nie.

Tot ons weer gesels, hoop ek jy skaf ? goeie kwaliteit KDF tipe water filter aan, en begin om jou water inname daagliks te verhoog. Sorg dat jy ioniese minerale in jou water gooi. Sodra jy begin om jou liggaam skoon te maak, mag jy effense ongemak ervaar soos wat die gifstowwe uit die liggaam onttrek word. Hierdie simptome kan naarheid, hoofpyne en lyfseer insluit maar is van korte duur, gewoonlik drie tot vyf dae. Dis heel normaal, skadeloos en kom bykans by alle persone voor wat hulle liggame skoonmaak.

Christo Lues is die eienaar van Eirene gesondheids winkel in Durbanville en kan gekontak word by (021)975 8691 ofwww.UnderstandingTheHealthPuzzle.com

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: