Skip to content

Onvervulde woorde

October 26, 2010

Onvervulde woorde – deur Ds Elza Meyer

Baie van ons wag op die vervulling van God se beloftes en woorde met ‘n mate van passiwiteit: God het dit gesê – Hy moet dit doen! Dis egter nie so eenvoudig nie. ‘n Bepaalde ingesteldheid is nodig voordat ons sal ontvang wat God beloof het. Wat ‘n profetiese woord nou eintlik is’n Profesie is ‘n belofte van God aangaande die toekoms. Profesieë vervang nie die Woord van God nie en kan ook nooit in stryd met die Woord van God wees nie.

‘n Voertuig’n Profesie is soos ‘n ryding – dit gee ons die vermoë om te beweeg van waar ons nou is na waar God ons sien. Met ‘n profesie of ‘n belofte uit die Bybel sê die Here: “Dis jou potensiaal in My.Dis wat jy kan bereik as jy saam met My leef.”

As ons eindbestemming Kaapstad is, kan ons nie in enige rigting ry en dan verwag om in Kaapstad te eindig nie. HindernisseWanneer ons ‘n belofte van die Here ontvang het en nie ons lewe doelgerig daarvolgens inrig nie – sal ons hindernisse teëkom. Doellose optrede kan ons laat ontspoor en ons laat afdraai van die pad wat God vir ons bedoel het. Rebellie en ongehoorsaamheid kan ons ook laat ontspoor. Drie ‘moets’Vir profesieë om in vervulling te gaan is daar drie dinge wat ons moet doen: Ons moet gloOns moet geloof hê en met die verwagting leef dat God sal doen wat Hy beloof het.

Psalm 33:4 – Want die woord van die Here is reg en al sy werk is met trou. Wat die Here gesê het, gebeur! (Vers 6) Deur die Woord van die Here is hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. (Vers 8) Die hele aarde moet die Here vrees, al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê, want Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar. (Vers 11) Die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.

As ons dus ‘n belofte van God ontvang het, moet ons verwag dat dit in vervulling sal kom. God se woorde is nooit ydele uitsprake nie. Wanneer Hy praat, wil Hy daardeur skep en tot stand bring.
Ons moet gehoorsaam weesGehoorsaamheid aan God is ‘n belangrike voorvereiste as ons God se woorde oor ons lewens in vervulling wil sien kom. Gehoorsaamheid is vir God baie belangrik. Hy neem ons reaksie op Sy stem baie ernstig op. As Hy ons in die nag wakker maak en van ons vra om op te staan en te bid en ons bly lê, ontneem ons onsself van wat God in gedagte gehad het vir ons ontmoeting met Hom. Ware geloof is gehoorsaamheid tot in die kleinste detail.

Ons moet vry weesOns moet leef in die vryheid wat Christus vir ons bewerkstellig het. Ons moenie toelaat dat ons verlede ons toekoms beïnvloed of besoedel nie. Ons kan nie met ons pyn en seer van die verlede in die vervulling van ‘n profesie instap nie. Be dressed for where you are going, not for where you are coming from! Dit help nie ons is steeds vas aan al ons probleme, vooropgestelde idees en teleurgestelde verwagtings van ons verlede nie.
Twee ‘moenies’Vir profesieë om in vervulling te gaan is daar twee dinge wat ons nie moet doen nie:
Moenie geflous wees nieMoenie dink dat geloof, gehoorsaamheid en vryheid in Christus jou vrywaar van die bose nie! “If God has called you to function in a higher anointing, demons are released from hell to make you tired so that you will abort the mission.” (Chacha)

Na die mate waarin ons roeping intensiveer, intensiveer die aanvalle en aansprake op ons lewens ook. As ons dit nie doelgerig teenstaan nie, sal ons so besig wees met alles waarvoor ons nie geroep is nie, dat ons nooit sal uitkom by dit waarvoor ons eintlik geroep is nie.Moenie vrees nieOns moenie bang wees nie. Vrees kom nie van God af nie. Slegs hulle wat nie weet hoe lief God hulle het nie, is bang. 1 Johannes 4:17 – Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.

Kry vervulling van profesieëElke profetiese woord en elke belofte het twee kante: Dit wat moontlik is, en dit wat onmoontlik is. Dit wat moontlik is, is dinge wat jy kan doen. Dit wat onmoontlik is, is die goed wat net God kan doen.

Doen die moontlike en bid vir die onmoontlikeGaan sit nou en deel elke belofte en elke profesie wat jy ontvang het op in twee kolomme. In kolom een skryf jy dié gedeelte van die profesie, wat jy kan doen. In kolom twee skryf jy die gedeelte van die profesie wat net God kan doen. Moenie vir kolom nommer een bid nie. God het jou reeds die vermoë en potensiaal gegee om dit te kan doen. Baiekeer word baie tyd aan kolom nommer een afgestaan in gebed. Elke gebedsgeleentheid wat jy aan kolom een wy, is tydmors. ‘n Voorbeeld is: “Here gee my die krag om elke oggend ‘n uur vroeër op te staan en met U tyd te spandeer.” Hy het jou die krag én ‘n wekker gegee. Gebruik dit!

Ons moet bid vir kolom nommer twee. Vir dié goed wat net Hy kan doen! En doen dit met ‘n koninkryksmentaliteit! Jy’s ‘n medewerker in God se koninkryk. As jy ‘n belangrike afspraak het en jy word oorval deur ander dinge, praat met God. Vra vir God wat nodig is om by die visie wat Hy jou gegee het, uit te kom. “Here, as U my nie help nie, gaan daar vandag niks in U koninkryk gebeur nie!” Hy sal ingryp en jou help om te prioritiseer!
Leef kolom nommer een en bid kolom nommer twee! Gebruik lofprysing as wapenGebruik lofprysing as wapen om die vervulling van God se beloftes te verkry.

“Many of my people are trying to use old methods of warfare to win the war they are in. The only way you will win the war from this point forth is through violent praise. You cannot win any other way. This is the time to open up the window of your future. Do not go backward. Set aside 10 days to advance. Praise daily. Do not retreat. Do not allow the window of your future to close. Do not find yourself on the wrong side of the Jordan where your promises cannot be completed and fulfilled.” – Chuck Pierce

Wanneer ons lewens en die profetiese woord oor ons lewens nie match nie, moet ons weet: óf die profetiese woord was vals of ons lewens is vals!

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: