Skip to content

Op jou merke . . . gereed . . .

October 26, 2010

Op jou merke… gereed…
– deur Riaan Lombard

God het vir elkeen van ons ‘n prys wanneer ons ons geestelike wedloop voltooi.

Dit is baie belangrik dat wat ons glo op die Woord van God gebaseer is en nie op iemand anders of selfs ons eie opinie nie. Ons glo partykeer makliker wat ander mense vir ons sê as wat die Bybel vir ons sê.

Wanneer dit kom by dinge soos sielsbande , is dit ook nodig dat ons ons opinies baseer op die Woord. Ongelukkig is daar ‘n paar Christene wat wel negatief beïnvloed word daardeur en wat gevolglik teruggehou word omdat hulle nie weet hoe om dit te hanteer nie. Ek is seker daarvan dat almal van ons graag suksesvol wil wees en ‘n voorspoedige lewe wil lei. God se plan vir jou lewe is dat jy voorspoedig sal wees en dat jy ‘n hoopvolle toekoms sal hê. Ons lees dit in Jeremia 29:11 – Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
Ongelukkig is ‘n sielsband iets wat jou sal verhoed om vorentoe te beweeg in die lewe en jou in die verlede vasgevang sal hou. Kom ons staan net vir ? oomblik stil, Filippense 3:14 sê die volgende: Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Wanneer jy die hele hoofstuk 3 lees, sal jy vind dat Paulus ons lewens vergelyk met ? atleet wat ? wedren hardloop. Paulus maak een ding baie duidelik, en dit is dat wanneer ‘n atleet die wedloop hardloop moet sy fokus daarop wees om die wedloop te voltooi om suksesvol te wees. Soos wat ons kan aflei uit die skrif in Jeremia is God in jou toekoms geïnteresseerd. Hoekom? Want dit is waar die prys vir jou wag. Ons fokus gedurende die wedren moet wees om die prys te ontvang wat God vir ons gereed hou.

Die wonderlike ding is dat God nie net eerste, tweede en derde pryse het en die res moet maar leë hande wegstap nie. God het vir elkeen van ons ‘n prys. Net God weet wat daardie prys is. Jy moet net ‘n verlange in jou hê om daardie prys te ontvang. God sê dat Hy vir jou planne vir ‘n hoopvolle toekoms gemaak het. Jy moet onthou dat jy besig is om ‘n wedloop te hardloop en daarom het jy ‘n plan nodig. Maar dis nodig dat jou planne en God se planne ooreenstem want dit is dan eers dat jy begin om resultate te sien.

Veronderstel jy wil van Pretoria na Kaapstad reis. Dis vanselfsprekend dat jy ‘n padkaart gaan nodig hê om te verseker dat jy die korrekte eindbestemming behaal. Indien jy nie die pad ken nie, en jy het nie padkaart om jou te rig nie, is die kanse goed dat jy nie in Kaapstad gaan opeindig nie. Net so het ons ‘n padkaart nodig om ons te help met ons geestelike wedloop. Ons het nodig om God se plan vir ons lewens te volg as ons die prys wil ontvang.
Om ons geestelike eindbestemming te bereik, het ons nodig om te hoor en te luister na wat God sê. Ons het nodig om op die eindbestemming en op die prys te fokus. Ongelukkig is die vyand daarop uit om ons aandag af te trek sodat ons nie meer op ons doel kan fokus nie. Ons almal het al bane op die snelweg gewissel. Veronderstel jy wou oorgaan na die regterbaan, dan het jy jou flikker aangesit, regs gekyk en die kar het outomaties regs gegaan. Hoekom? Want die rigting waarin jy kyk, bepaal die rigting waarin jy beweeg. Die vyand weet dat as hy jou fokus kan verskuif, dan sal jy outomaties op die verkeerde paadjie beland. Weet jy hoe probeer die duiwel jou aandag aftrek? Hy begin jou aan jou verlede herinner. Die beste manier om iemand te kry om hulle fokus van die toekoms af te haal is om hulle fokus op die verlede te plaas.

God sê dat Hy vir jou ‘n hoopvolle toekoms het. Om by daardie hoopvolle toekoms uit te kom het ons nodig om vorentoe te beweeg. Het jy al met iemand te doen gehad wat die heeltyd in die verlede leef? Ek is seker daarvan jy het. Dit is ook opvallend dat mense wat in die verlede leef geen vrede, geluk of hoop het nie. Wanneer ons ons fokus op die hoopvolle toekom

wat God vir ons het plaas, vergesel God se vrede ons.
Spreuke 29:18 sê die volgende – As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.
Openbaring of visie is die vermoë om te kan sien waarheen jy veronderstel is om te gaan. As jy nie kan sien waarheen jy oppad is nie, sal jy nooit daar kan uitkom nie. ? Atleet wat ? wedloop hardloop en die heeltyd terugkyk gaan verlore raak. Moenie toelaat dat jou verlede jou verhoed om jou oë op die toekoms te fokus nie. Wanneer ons nie gefokus is nie, is wanneer die vyand obstruksies op ons pad plaas. Dis wanneer ons val en struikel. As jy nie kyk waar jy loop nie gaan die duiwel vir jou ? strik stel. En wanneer jy in daardie strik trap, is die gevolg gewoonlik depressie, verwarring en hopeloosheid. ? Atleet wat in ? gat geval het, kan nêrens heen gaan nie. Sal jy nie ook moedeloos en voos word as jy probeer vorentoe hardloop, maar jy beweeg net mooi nêrens heen nie? Natuurlik sal jy. Moenie die duiwel vastrapplek in jou lewe gee deur op jou verlede te fokus nie.

‘n Man en sy vrou het op ‘n keer na my toe gekom en vir my van hulle huweliksprobleme vertel. Die vrou het aan erge depressie gely en het ook ? baie swak selfbeeld gehad. Sy het gevoel dat daar iets in hulle huwelik skort en dat sy dit moeilik vind om nader aan haar man te beweeg. Ek het saam met hulle gebid en hulle bietjie meer oor hul lewens uitgevra. Ek het hulle herinner dat die dief gekom het om te steel, te slag en te verwoes maar dat Christus gekom het sodat ons lewe in oorvloed kan hê. Dit was duidelik dat die dief besig was om al die blydskap in hul huwelik te steel. Die dief probeer ons van ons vrede, geluk en hoop besteel. Hy is ook daarop uit om verhoudings te vernietig. Die Bybel leer ons dat daar waar daar eenheid is, gebied Hy Sy seën. God wil hê dat ‘n man en ‘n vrou in eenheid sal wees sodat Hy hulle kan seën.

Nadat ek ‘n tydjie saam met hulle spandeer het, het die vrou te kenne gegee dat sy as kind seksueel misbruik was en dat dit hulle al twee se tweede huwelik was. Die man het ook te kenne gegee dat hy saam met verskeie vrouens voor sy eerste huwelik geslaap het. Daardie sielsbande wat gevorm het, het begin om hulle huwelik te ruïneer.

Jy wonder heel moontlik wat ‘n sielsband is? Genesis 2:24 sê die volgende: Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. Hierdie skrif beeld die eerste huwelik uit wat tussen ? man en ‘n vrou plaasgevind het. In die oorspronklike taal is die betekenis van die woord “aankleef” om twee voorwerpe aan mekaar vas te sweis. Wanneer jy twee stukke yster aan mekaar vas sweis het jy nie meer twee aparte voorwerpe nie, maar ? hele nuwe voorwerp wat nie weer geskei kan word nie. Wanneer ? man en ? vrou trou is dit soos twee stukke ysters wat deur God se Gees aanmekaar gesweis word. Hulle is daarom nie meer twee aparte entiteite nie, maar hulle is nou een.

Die huwelik in vandag se tyd is nie meer dieselfde as die Bybelse huwelike nie. In die Bybel se tyd was daar nie predikers wat mense in die huwelik kon bevestig nie. Die oomblik wat ‘n man en ‘n vrou saamgeslaap het, was hulle getroud. Die huwelik is ‘n verbond tussen ? man en ? vrou. As jy vandag met iemand slaap, is dit net so wel julle het in die gees met mekaar ‘n verbond gesluit. ‘n Sielsband is dus ‘n geestelike band wat tussen ‘n man en ‘n vrou gevorm word wanneer hulle seks het. Jy het ? sielsband met elke liewe persoon met wie jy seks gehad het. ‘n Klomp sielsbande met ? klomp mense veroorsaak emosionele bagasie wat eendag jou huwelik se dood kan beteken. As ‘n man byvoorbeeld drie seksuele verhoudings en die vrou twee seksuele verhoudings gehad het voordat hulle getrou het, is kanse goed dat hulle huweliksprobleme gaan ontwikkel. Kan jy nou verstaan hoekom jy nie net saam met iemand kan slaap en dink dat dit niks beteken nie?

Die goeie nuus is dat God die argitek van die huwelik is. Wanneer ? man en ? vrou seks het, versterk dit die band tussen hulle en word hul huwelik al hoe sterker. Ons moet onsself seksueel rein hou tot die dag wat ons trou. Wanneer ons slegs ‘n sielsband het met ons huweliksmaat is dit geweldig moeilik vir die vyand om daardie band te breek.

As jy huweliksprobleme het en jy weet dat daar nog sielsbande bestaan met mense buiten jou huwelikmaat, gaan na ‘n berader wat kan help. Jou huwelik is nie verdoem nie, God gee altyd uitkoms en is in staat om wat gebroke is weer heel te maak en dit bonatuurlik te seën!

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: