Skip to content

Vriendskap met God

December 6, 2010

Vriendskap met God – deur Lomea Heyns

‘n Meer getroue vriend, sal jy nêrens kry nie! Hy wil baie graag ‘n lewenslange vriendskap met jou sluit!

Spreuke 18:24 – In tye van nood leer jy jou vriende ken. Sommige praat net, maar doen niks nie. Ander sal alles vir jou doen. Hulle is nader aan jou as ʼn broer.

God weet dat jy nie alleen kan funksioneer nie en daarom het Hy vir jou vriende gegee. Vriende het mekaar nodig. Vriende is daar om jou in moeilike tye te onderskraag en ook om die vreugdes van die lewe met jou te deel. Dit is veral lekker as jy ʼn spesiale vriend het met wie jy maklik oor jou probleme kan praat.

Daar is ook vriende wat jou lewe negatief kan beïnvloed. Waak teen vriende wat dinge doen wat nie by die karakter van ʼn Christen pas nie. ʼn Mens erken hulle gou aan hul taalgebruik en die tipe gedagtes wat hul koester.

Wanneer jy in slegte vriende se geselskap is, gaan jy binnekort ook soos hulle begin dink. Jy kan nie wysheid van dwase vriende verwag nie, want hulle hele lewe sal van dwase handelinge getuig. Wees daarom versigtig met wie jy vriende maak; jy sal aan jou vriende geken word.

As leier hoef jy nie onder al jou vriende gewild te wees nie. Maak net seker dat God jou beste vriend is; dan sal jy nooit alleen wees nie. Om Jesus as jou vriend te hê beteken dat jy maar in Sy oë kan kyk vir aanvaarding en liefde. Hy sal jou nooit teleurstel of verlaat nie. Wanneer jy vriende met God is; sal jy al hoe meer soos Hy wil wees. ʼn Meer getroue vriend sal jy nêrens kry nie! Hy wil baie graag ʼn lewenslange vriendskap met jou sluit.

Vra die Here om die regte vriende oor jou pad te stuur…vriende wat Goddelike karakter openbaar. Goeie vriende kan jou opbou maar slegte vriende kan jou net so maklik breek. Jy kan staatmaak op vriende wat jou liefhet, jou aanvaar soos jy is en die mooi in jou raaksien. Hulle deel in jou blydskap en verheug hulle nie oor jou hartseer nie. Sulke vriende is meer werd as goud. ʼn Goeie vriend is ook iemand wat jou sal teregwys wanneer jy verkeerdelik optree sonder om jou te wil afbreek, hy help jou wanneer jy leiding nodig het en hef jou op.

Jonatan en Dawid het baie goeie vriende geraak nadat Jonatan se pa, Koning Saul, hom genooi het om by hulle in die paleis te kom woon.

Ons lees in 1 Samuel 18:2 – Toe Dawid klaar met Saul gepraat het, het Jonatan sommer baie van hom begin hou. Hy het net soveel vir Dawid omgegee as vir homself. Jonatan en Dawid het vir mekaar belowe dat hulle boesemvriende sou wees, dat hulle net soveel vir mekaar sou omgee as wat elkeen vir homself omgee. 

Vriendskap vereis lojaliteit teenoor mekaar. ʼn Opregte vriend beskinder nie sy maat by ander nie, hy staan hom by in krisistye en bid vurig saam met hom wanneer hy gebed nodig het. Om so ʼn verhouding te kweek is ʼn aanwins; só ʼn vriendskap is meer werd as pêrels. Opregte vriende maak vrede met die mens wie jy is, hulle stel nie teleur nie en aanvaar jou met al jou foute omdat hulle vir jou lief is.

Koester jou goeie vriende en bou aan julle verhouding, dit is ʼn geskenk van God.

Ek weet:

Daar is nêrens ʼn beter vriend as God nie

ʼn Betroubare vriend is ʼn sielsgenoot

Vriendskap bring vreugde in ʼn mens se lewe

Wyse woorde uit die boek Spreuke: Spreuke 19:22 – Die mooiste ding wat ʼn mens kan doen, is om lief te hê.

Gebed: Vriende is van die kosbaarste geskenke wat U my kon gee! Laat my vriendskap vir hulle soos juwele wees wat hul lewens verryk. Amen.

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: