Skip to content

Wat vrees jy?

December 6, 2010

Wat vrees jy? – deur Gary Kieswetter

Party mense vrees nie net hul verlede nie, hulle vrees hul toekoms ook.

Wat vrees jy? Dit klink dalk soos ? baie eenvoudige vraag, maar die antwoord het onsettende gevolge. As jy ? duisend verskillende mense vra wat hulle vrees, sal jy heel moontlik ? duisend verskillende antwoorde kry. Daar is min dinge op aarde wat mense nie vrees nie. Inteendeel, mense vrees goed wat nie eers bestaan nie.

Maar daar is ? paar goed wat mense oor die algemeen vrees. Een van die dinge wat mense die meeste vrees, is hul verlede. As jy jou verlede vrees, vergeet jy om in die hede te leef en sal jy nooit ? hoopvolle toekoms hê nie. Iemand wat sy verlede vrees is iemand wat verhoed word om vorentoe te beweeg. Daar is so baie mense wat bang is vir die geraamtes in hulle kas. Jy kan vergeet om van die geraamtes in jou kas ontslae te raak as jy nie daadwerklik daarmee gaan deel nie. Die geraamtes in jou kas gaan heel waarskynlik saam met bitterheid en onvergewensgesindheid gepaard. Hierdie is dinge wat by jou spook al slaap jy nie, wanneer jy bid spook dit by jou, wanneer jy Bybel lees, spook dit by jou. Daar is net een manier om van jou verlede ontslae te raak…

Lees gou hier:

Jesaja 43:18 sê: Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ? pad in die woestyn, riviere in die wildernis.

Die nuwe vertaling sê dat ons nie net aan die vorige dinge moet dink nie, en ons moenie in ons verlede gaan stilstaan nie. As jy jou verlede vrees gaan dit jou inhaal. Jou verlede het die vermoë om jou van jou toekoms te beroof. Hoe raak jy ontslae van die vrees van jou verlede? Vra eerstens vir God om jou te vergewe, tweedens moet jy die skrif glo wat sê dat as jy jou sondes bely is God getrou om jou te vergewe. God sê dat Hy jou sondes sal neem en dit in die diepste see gooi en Hy sal nooit weer daaraan dink nie. As God nie meer aan jou verlede dink nie, hoekom doen jy nog? Hy is alwetend en alsiende en alomteenwoordig en tog reken Hy met jou verlede af wanneer jy Hom om vergifnis vra.

Die vyand is goed daarmee om ons aan ons verlede te herinner. Mense gaan jou aan jou verlede herinner, jou nagmerries gaan jou aan jou verlede herinner. En elke keer as jy in ? depressie is en jy is negatief dan herinner jy sommer jouself! Jy sal nooit ontslae raak van jou verlede nie. Maar wat jy wel kan doen is om dit te vergeet. Die enigste keer wanneer jou verlede ? houvas op jou het, is wanneer jy dit bepeins, bedink en daarin leef. Jy kan nie in jou verlede leef nie, jy kan nie in die toekoms leef nie. Jy kan net in die hede leef.

Kom ons gaan kyk na Filippense 3:13 – Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Is dit nie opvallend dat Paulus sê dat dit nie die honderdste ding is nie, maar die één ding is wat hy doen? Daardie één ding doen hy uit vrye wil…Paulus het besluit om van sy verlede te vergeet. Hy het ? baie slegte verlede gehad. Hy het baie Christene in kettings gesit, hy het die kerk vervolg, hy het selfs vir Stefanus laat stenig. Ek dink dat Paulus in ? paar gesigte vasgekyk het gedurende sy bediening wat hom aan sy verlede herinner het.

Jou verlede sal jou nie los as jy nie bereid is om jou daarvan los te maak nie. Die nuwe vertaling stel dit mooi: Maar die een ding wat ek doen, ek maak my los van wat agter is en ek strek my uit na dit wat voor is. Jy roep dalk uit na God om jou los te maak van jou verlede, maar volgens hierdie skrif moet jý jou los maak van die verlede. So, hoe raak jy ontslae van jou verlede? Elke keer wanneer jy weer daaraan herinner word, moet jy dit uitwis. In jou e-pos program is daar ? delete -knoppie. Sodra die boodskap in jou brein kom wat jou aan jou verlede herinner, druk die delete -knoppie!

Die Bybel sê dat jy jou gedagtes moet rig na dit wat Bó is, en dat jy in jou denke vernuwe moet word. Dis hoe jy ontslae raak van jou verlede. Jy dink nie meer aan die verlede waaraan die vyand jou wil herinner nie, jy dink nou aan die toekoms wat God vir jou in Sy Woord belowe het. Party mense vrees nie net hul verlede nie, hulle vrees hul toekoms ook. Mense wat hul verlede vrees, vrees hul toekoms ook. Hulle word konstant herinner aan hul mislukte pogings, teleurstellings en pyn van die verlede, en daarom dink hulle dat die toekoms dieselfde gaan inhou.

As jy heeltyd terug gehou word deur jou verlede, begin jy energie verloor en jy raak een of ander tyd uitgeput. Dis uitputtend om die heeltyd teen jou verlede te stoei! Jy is dalk iemand wat net nie van jou verlede ontslae kan raak nie, maak nie saak wat jy doen nie. Die waarheid is dat God se Woord, wat die swaard van die Gees is, jou verlede van jou kan afsny.

Nog ? ding wat mense in die algemeen vrees, is mislukking. Party mense wil nie vir hulself ? tweede kans gun nie, omdat hulle bang is dinge werk weer nie uit nie. Moenie so hard op jouself wees nie! Moenie sleg of neerhalend van jouself praat nie. Moenie jouself in ? depressie in praat nie.

As daar nou een ding is wat ? tiener vrees is dit om nie deur sy vriende aanvaar te word nie. Hulle sal eerder teen hulle eie opvoeding en beterwete gaan as wat hulle deur hul vriende verwerp sal word.

Mense se harte beswyk as gevolg van vrees. Het jy geweet dat die nommer een vrees in die wêreld is om ? toespraak voor mense te maak? Die derde grootste vrees, is die vrees vir die dood. Ek weet nie wat is die tweede grootste vrees nie . . . ek raai maar dis jou skoonma!

Ja, almal vrees mislukking. Almal is bang om ? fout te maak. Wat so ironies is, is dat almal wat sukses in die lewe behaal het, voorheen foute gemaak het. Daar is hoeveel voorbeelde in die Bybel van Godsmanne en -vroue wat foute gemaak het. God het hulle elke keer vergewe en vir hulle nog ? kans gegee. Een mislukte poging maak nie van jou ? mislukking nie. Die duiwel sal jou wel konstant herinner aan jou vorige mislukte pogings.

Lees saam met my Numeri 13:31 – Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ? land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne. Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.

Joshua en Kaleb en tien ander verspieders word deur Moses gestuur om vir 40 dae in die beloofde land in te gaan en te kom vertel van alles wat hulle daar sien. Die verspieders het terug gekom met van die vrugte wat hulle daar gekry het. Dit het twee mans geneem om een druiwe tros te dra! Dank God druiwe trosse is nie meer so groot nie, mense raak besope genoeg van klein trossies, dink net hoe dronk sou daardie trosse die mense gemaak het! Dit was duidelik dat God die Israeliete behoorlik geseën het.

Die verspieders het genoeg bewyse gebring dat die beloofde land waarlik alles was wat God hulle beloof het. Daardie druiwe korrels was genoeg bewyse dat hulle God op Sy Woord kon neem. En werklik, net Joshua en Kaleb het God geglo. Die ander tien verspieders kon nie verby al die reuse in die land kyk nie. Hulle gevolgtrekking was dat hulle nie in die beloofde land kan ingaan nie. Net twee uit die twaalf het gesê: “Kom ons gaan neem wat God vir ons het in besit.” Die ander tien het gesê: “Wag ? bietjie. Time out .” As hulle Suid-Afrikaners was sou hulle gesê het: “Wat kan nou nog verkeerd gaan?” Is dit nie snaaks dat ons altyd die slegste verwag nie? Drie popo’s tref sommer die fan gelyk, want als gebeur in drie’s…vandag gebeur dit sommer in drie en dertigs! Wanneer jy ? gees van vrees het, het jy ook ? negatiewe woordeskat en loop als altyd verkeerd.

Mense wat positief is, wat nie ? gees van vrees het nie, maar ? gees van liefde, krag en selfbeheersing, is nie negatief nie. Die Israeliete was bang dat die reuse hulle sou opeet. As jy vol vrees is, hardloop jou gedagtes met jou op hol. Die gees van vrees en lafhartigheid in hulle het hulle laat glo dat hulle nie daardie reuse kan oorwin nie.

Die kinders van die Here behoort nie ? gees van vrees te hê nie want Spreuke 28:1 sê: Die goddelose vlug sonder dat daar ? vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos ? jong leeu. ? Ou wat bang is se verbeelding hardloop met hom weg. ? Gees van vrees intimideer en manipuleer jou. Selfs sielkundiges sê dat tot 77% van die dinge wat ons vrees sal ons nooit tref nie.

Vrees is ? gees en daarom het dit krag. 2 Timoteus 1:7 sê: Want God het ons nie ? gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. God sê keer op keer in die Bybel vir ons dat ons niks moet vrees nie. Elke keer wat ? engel van God aan die mens verskyn het was sy eerste woorde: “Moenie vrees nie.” As jy vrees het jy nie die vermoë om te kan glo nie. Vrees is geloof in tru-rat. Vrees maak jou ontvanklik vir leuens. God is die vader van alle waarheid en die satan is die vader van alle leuens. Deur te vrees gee jy die duiwel ? houvas op jou lewe. Mense wat vrees begin spartel en te keer vir hulle wickets . Wanneer iemand begin spartel kom die duiwel dit agter. Dis soos om te begin spartel wanneer jy in die see swem en daar ? haai naby jou is. Die satan se aanslae sal nooit suksesvol wees as jy sterk in jou geloof is nie. Vrees lok die vyand, geloof lok God.

As jy iets vrees, versprei daardie vrees altyd na ander mense toe. Omdat tien van die verspieders gevrees het, het daardie vrees na drie miljoen Israeliete versprei. Die Israeliete was so naby aan die beloofde land, al wat hulle moes doen was om hul geloof in God te beoefen. Weet jy wat was Josua en Kaleb se antwoord: Numeri 14:8 As die HERE ? welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ? land wat oorloop van melk en heuning. Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

Hoe laaik jy dit? ? Reus vir voorgereg! Vrees laat jou probleme altyd groter as God lyk. Alles in die lewe gaan oor hoe jy daarna kyk. Die tien verspieders het gesien hoe eet die reuse hulle… Joshua en Kaleb het gesien hoe eet hulle die reuse. Geloof beteken nie dat jy die feite ontken nie, geloof beteken jy weet dat die waarheid bo ? feit verhewe is. Die vrees in die tien verspieders het veroorsaak dat hulle hulself as voetgangers gesien het. ? Voetganger is ? sprinkaan wat nog nie kan vlieg nie. Toe die moeilikheid nader kom, toe hop hulle net ? bietjie verder. Hulle het hulself vrywilliglik aan vrees oorgegee. Niemand het hulle gedwing om te vrees nie. Vrees laat jou kleiner lyk in jou eie oë as wat jy werklik is.

Vrees laat God klein lyk, maar Geloof laat God groot lyk . Vrees laat jou probleme groter lyk as wat dit werklik is. As jy vrees, het dit ? rippel-effek op jou vrou, kinders en jou besigheid. Baie mense se besighede sal beter vaar as hulle sal ophou om die toekoms te vrees, en meer geloof in God sal openbaar.

Baie mense vrees slegte nuus. Job 3:25 sê: As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. Ons kan nooit verhoed dat ons slegte nuus sal hoor nie, dis maar deel van die lewe, maar ons kan keer dat ons slegte nuus vrees. Want Psalm 112:7 sê die volgende: Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE. Vas is sy hart, hy vrees nie totdat hy op sy teëstanders neersien.

Hierdie skrif sê nie dat ons nooit slegte tyding sal ontvang nie, maar dat ons dit nie hoef te vrees nie. Hierdie skrif sê dat as jy op God vertrou sal die vrees vir slegte tyding nie vatplek op jou lewe kry nie. Jy gaan nie toelaat dat die vrees vir slegte tyding jou manipuleer en intimideer nie. Luister net met ? halwe oor na slegte nuus, luister met die ander een en ? halwe oor na God se Woord.

As ons kinders nie wil luister nie, het ons gewoonlik die gewoonte om hulle aan die ore te vat en te vra: “Wat is dit dié? Ornamente huh?” En wanneer ons alewig ons ore uitleen aan slegte nuus dan is dit amper asof God ons ook aan ons ore vat en vra: “Wat is dié?” Dit waarna jy kyk en luister beïnvloed jou hart en jou keuses. Wat jy hoor gaan in dade omgesit word.

So wat doen jy as jy slegte tyding ontvang? Vertrou eerder op God en weier om te vrees. Hy is nie onvoorbereid vir die toekoms nie, slegte nuus kan God nooit ontkant betrap nie. Hy is alwetend. God vrees nie die goed wat ek en jy vrees nie. Daarom kan jou hart gerus wees omdat jou lewe in God se hande is.

Hoeveel mense vrees nie die dood nie? Ek was nog nie by een sterfbed waar die versoek was dat ek vir hulle moet bid om dood te gaan nie. Almal was gretig om nog verder te lewe. Paulus sê dat om te sterf is vir hom ? wins. ? Christen hoef nooit die dood te vrees nie. ? Christen is veronderstel om elke dag in homself te sterf en te lewe deur die lewe van Christus want 1 Korintiërs 15:31 sê: Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

Lees gou saam met my 1 Korintiërs 15:55 – Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Jesus het klaar met die dood afgereken. Hy het klaar met die graf afgereken. As jy ? by vrees, dan gaan hy jou steek. Ek weet, ek het met bye geboer. As jy ? perd vrees, gaan hy jou afgooi omdat hy die vrees kan ruik. Het jy al gedink hoekom ? perd vrees kan ruik? Omdat vrees stink! Geloof aan die anderkant is ? aangename geur! Niemand vrees ? by wat nie ? angel het nie. As hy sy angel verloor het, gaan hy kort daarna dood. Jesus Christus het die dood se angel twee duisend jaar terug reeds getrek. Ek sê nie nou dat jy jou dood moet gaan soek nie, maar as die dag kom, weet dat God vir jou aan die anderkant wag.

Psalm 23:4 spel dit duidelik uit: Al gaan ek ook in ? dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. Die dood vir ? Christen is net ? skaduwee. Daar is ? verskil as ? skaduwee van ? trok bo oor jou ry en die trok self oor jou ry. Die een is skadeloos en die ander een is dodelik. As kind van God hoef jy nie die dood te vrees nie, want dis net ? skaduwee, dis onskadelik. Prys God! Ek is so opgewonde ek lees sommer hierdie artikel weer! As jy die dood aanhoudend vrees, dan vergeet jy om te lewe. Maak klaar met vrees en die vrees vir die dood!

Wat behoort jy te vrees? God. ? Negatiewe vrees vir God verstoot God. Positiewe vrees vir God, trek God nader. Met ? positiewe vrees vir God bedoel ek dat jy ? heilige verootmoediging in Sy teenwoordigheid het en dat jy Hom respekteer en eerbiedig. Om ? ongesonde negatiewe vrees vir God te hê beteken dat jy die heeltyd verwag dat God jou gaan straf. Ons moet ? heilige, respekvolle vrees vir God hê! Dis wanneer ons God na ons toe aantrek soos ? positiewe en ? negatiewe magneet mekaar aantrek.

Wat behoort ons te vrees? Deuteronomium 10:20 – Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer. Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het.

1 Petrus 2:17 sê – Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer. Die slotsom van alle dinge is: vrees God want Prediker 12:13 sê: Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

Die eerste gebod sê dat jy die Here jou God moet liefhê met jou hele hart, siel, verstand en al jou krag. Vir die eerste keer verstaan ek dit! Dis onmoontlik om God opreg lief te hê as jy Hom nie vrees nie. Jy kan nie God liefhê sonder om Hom te vrees nie. Liefde vir God en vrees vir God is twee kante van dieselfde muntstuk. Om die Here lief te hê is om sonde te haat!

Ek sluit af met Psalm 89:4 – Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela. En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges. Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge, ? God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is? o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!

As jy God vrees, hoef jy niks anders te vrees nie!

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: