Skip to content

Wys jul liefde vir mekaar

December 6, 2010

Wys jul liefde vir mekaar – deur Janet Kieswetter

Die Beste ding wat Ouers vir hulle Kinders kan doen is om mekaar Lief te hê.
Wees liefdevol voor jou kinders .

1Jo 4:11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

Daar is niks verkeerd daarin om voor jou kinders jou maat te soen en druk nie. Dit laat hulle (secure) en veilig voel. Kinders hoor orals van ouers wat skei en maatjies wat min hulle ma of pa sien. Hulle is baie bewus van die moontlikheid van skei in hulle eie gesin. Meer as om vir hulle verbaal te verseker dat julle vir mekaar lief is, kan julle julle liefde bewys deur liefdevolle aanraking. Maar dit sal uit die hart uit moet wees, want kinders kan baie vinnig optel as dit aangeplakte glimlaggies en net ‘n show is vir hulle.

Praat goed van mekaar

1Th 5:11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Dit is ‘n maklike lokval om in te val om jou maat af te kraak, dalk eers net in grappies. In geselskap, is dit algemeen om sleg te praat van man of vrou en om dinge te deel wat mens pla van die ander geslag. Maar kinders vorm ‘n indruk van die huwelik en van hulle ouer gebaseer op jou woorde. Dis waar dat die huwelik nie altyd rooskleurig is nie, maar sit ‘n wag voor jou tong en laat jou kinders jou nooit hoor hulle pa of ma beledig nie.

Behandel jou maat met respek

Eph 5:33 In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.

Dis waar wat hulle sê dat as jy jou vrou behandel soos ‘n prinses sal sy die koninging wees in jou huis en as die vour haar man behandel soos ‘n koning, sal hy haar behandel soos sy konining. Seuns leer hoe om ‘n vrou te hanteer deur om hulle pa na te aap. Dogters leer om respek te hê vir mans wanneer hulle sien hoe hulle ma hulle pa respekteer. Laat hulle jou goeie voorbeeld sien.

Wees in eenheid

Eph 4:3 ‘…en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.’

As daar straf uitgedeel moet word, stem saam oor die straf. Moet nie laat jou kinders sien dat jy anderste dink as jou eggenoot nie. Om dit te voorkom, besluit vooraf hoe julle voel oor sekere oortredes, wie die straf sal uitdeel en wat die straf sal wees. Die kinders sal dan weet dat dit nie help om na die ander ouer toe te gaan nie want hulle sal net dieselfde sê. Indien jy nie seker is oor ‘n besluit nie, laat weet die kinders dat jy dit eers met hulle ouer sal bespreek en terugkom na hulle.

As jou kinders jou sien baklei, laat hulle weet wanneer julle weer op gemaak het.

Eph 4:26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;

Baie ouers gaan in ouerskap in en belowe vir mekaar hulle sal nooit voor hulle kinders baklei nie. Dit is ‘n baie eerbare begeerte maar kort voor lank kom ouers agter dat dit amper onmoontlik is om jou rusie weg te steek. En dis nie ‘n slegte ding nie. Kinders leer oor konflik deur wat hulle in hulle ouerhuis sien, maar dan moet hulle ook goeie kommunikasie leer, en konfilk oplossing aanskou.

Die huwelik is die fondasie van julle gesin. Dis eers jou maat, dan jou kinders. Kinders het nooit daaronder gelei om tyd saam met ouers af te staan sodat pa en ma bietjie op hulle eie kan uit gaan nie. Inteendeel, die kinders se hartjies loop oor van blydskap wanneer hulle sien hoe kyk hulle ouers vir mekaar en hulle lees die liefde daar.

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: