Skip to content

Kyk hoe lyk jy nou!

March 15, 2011

God se Woord is soos ʼn spieël wat vir jou wys hoe die nuwe jý lyk.

Jy ken waarskynlik die teksvers in Jakobus 1:23 goed wat sê dat as iemand ʼn hoorder van die Woord is en nie ʼn dader nie, dan is hy soos ʼn man wat sy natuurlike gesig in ʼn spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

In die vorige vers sê Jakobus dat ons daders van die woord moet wees en nie net hoorders wat onsself bedrieg nie. Die oorspronklike taal sê dat ons die Woord moet vervul. Hierdie teks sê dat as jy nie jou plek in Christus inneem nie, dan kan jy nie die woord van God vervul nie. Hierdie moet in ʼn ernstige lig beskou word omdat die wet wat Christus reeds vervul het, verder deur jou vervul moet word.
Hierdie spieël wat Jakobus van praat, wys jou hoe jy veronderstel is om te lyk. Dit wys jou hoe jy nou lyk noudat jy ʼn nuwe skepsel in Christus is. Maar, omdat jy nie doen soos wat die Woord sê nie, vergeet jy wat jy in die spieël gesien het. Paulus sê in Filippense 2:12 dat ons ons eie heil met vrees en bewing moet uitwerk. Noudat jy verlos is en jy ʼn nuwe identiteit in Christus ontvang het, het jy nodig om verantwoordelikheid daarvoor te neem en dit uit te leef. Jy moet hierdie geregtigheidstand wat jy ontvang het gaan toepas in die alledaagse lewe.

Wanneer dinge in jou pad staan en jy dit moeilik vind om hierdie nuwe lewe uit te leef, is daar net een oorsaak. Iewers is daar ʼn leuen van die vyand wat die waarheid van God oorskadu. Partykeer gebeur dit dat mens vashaak by bepaalde gebeure en nie verby dit kan kom nie. Alhoewel jy die persoon vergewe het en ook vrygespreek het, is daar nog iets wat jou vashou en verhoed dat jy die gebeure agter jou kan sit en vorentoe beweeg.
Die enigste oorsaak is dat jy iewers nog ʼn leuen glo wat met die bepaalde situasie verband hou. As jy sukkel om hierdie wet van liefde te vervul en met moeite moet doen wat die Here van jou in ʼn bepaalde situasie verwag, skuil daar ʼn leun agter dit alles. Die enigste manier om dit te oorbrug, is om die Here te vra om daardie leuen uit te wys en dit met die waarheid van Sy Woord te vervang. Lê die situasie voor God neer en vra Hom om jou te wys as daar iets is wat keer dat jy in die volheid van Sy krag wandel.

Partykeer maak die optrede van ander mense dat jy ʼn leuen van jouself glo. Partykeer kan die woorde van mense so diep sny, dat jy nie meer die waarheid omtrent jouself kan glo nie. Jy sien jouself as die persoon wie ander sê jy is en nie wie God sê jy is nie. Jy moet daardie leuens wat jy van jouself glo ook voor God se voete kom neersit sodat Hy die heelmaking-proses kan begin. God wil hê dat jy as ʼn gesonde en vry mens vir Hom moet lewe – en jy kan dit net doen as daar nie meer plek vir leuens in jou lewe is nie.

Dalk sit jy met rebellie en woede in jou lewe omdat jy iewers die geleentheid ontneem is om ook tot jou volle reg te kom. Plaas dit ook voor die Here neer sodat jy sonder vrees kan liefhê. Dalk het jy die onbewuste begeerte om ander klein en onbelangrik te laat voel . . . Dalk het jy nie die vermoë om ander goed oor hulself te laat voel nie. . . Dit skemer gewoonlik deur in klein woordjies en sinsnedes en die manier hoe jy met ander mense praat. Moenie toelaat dat die verwerping wat jy voorheen in jou lewe ervaar het, maak dat jy ander mense verwerp nie.

In Christus is jy volmaak verklaar, heilig en onberispelik. Moenie meer toelaat dat leuens van die verlede ʼn houvas op jou lewe het en jou optrede bepaal nie. Word ʼn dader van die Woord en tree in jou posisie in Christus in. Vat die hand van ons Meester en ons Redder en Verlosser. Stap in die volheid van jou identiteit in – jy is iemand wat heeldag voor die troon van die Vader kan staan sonder vrees of skaamte. Iemand wat vanaf ʼn hemelse sitplek op aarde lewe!

Jy is iemand wat enige tyd van die dag of nag na die Here toe kan gaan en Hom kan vra wat jy volgende moet doen. Jy is iemand wat oor vrees regeer. Selfs al tree mense nog met hardheid teenoor jou op word jy nie daardeur afgetrek nie omdat jou oë oopgegaan het en jy sien elke saak vir wat dit is. Omdat jy die gawe van onderskeiding het, kan jy dadelik die ware probleem raaksien en dit in gebed vasvat.
Jy het saam met Christus gesterwe en jy het saam met Hom opgestaan. Jy is deel van die bruid van Christus. Hy het Sy van vir jou gegee om te dra as teken dat jy aan Hom behoort en dat julle een is. Hy sal vir jou opstaan, Hy sal jou gebede na die Vader neem en sal namens jou pleit. Hy sal in jou behoeftes voorsien en jou beskerm as die bose probeer om jou skade te berokken. As mense instrumente raak van die bose se werk, sal Hy vir jou opstaan. Sy naam is oor jou uitgeroep en elke keer as jy uitroep na Hom, sal Hy kom om jou te beskerm.

As jy voortaan bid in die Naam van Jesus Christus, dan is dit soos iemand wat ʼn tjekboek van haar man gekry het en hy het ʼn massiewe rekening! Dit maak nie saak hoeveel tjeks jy uitgeskryf het nie, alles wat Hy goedgekeur het, sal uitbetaal. Die rykdom van die hemele en al die seëninge wat daar is, is joune want jy het die keuse gemaak, in die grootste van alle keuses, toe jy gekies het om Hom die Here van jou lewe te maak! God het jou die reg gegee om Sy naam te dra; mense sal na jou kyk en hulle sal die Here sien. In jou het ʼn lig opgegaan en die lewe vloei uit jou uit!

Kyk mooi lank in die spieël en sien hoe Hy jou gemaak het. Sien hoe Hy jou omvorm het deur Sy reddingswerk aan die Kruis. As jy hier weggaan moet jy onthou hoe jy lyk sodat jy ʼn dader van die Woord kan wees en nie net ʼn hoorder nie!

One Comment leave one →
  1. Ina Wolmarans permalink
    June 13, 2011 11:56 am

    Ek is so bly ek het hierdie tydskrif raakgesien. Waarlik net wat enige Christen nodig het om te lees vir opbouing, inligting en versterking in die Woord. Ek gaan beslis uitkyk daarvoor op die rakke.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: