Skip to content

Maak ‘n verskil

March 15, 2011

God is daarop uit om te sien hoe Hy jou kan help om jou lewe voluit vir Hom te leef en ʼn verskil te maak.

Het jou al ooit voor die spieël gaan stilstaan en deeglik na jouself gekyk? Wel gaan doen dit weer vandag en word bewus van die unieke beeld waarmee God jou geseën het – jou gelaatstrekke is volmaak deur Hom gevorm. Hy het jou so lief dat Hy baie in Sy skik is met jou. Dit was Sy keuse om jou te laat lyk soos jy lyk en vir Hom is jy perfek geskape!

Natuurlik wil God ook hê dat jy van jouself moet hou en tevrede sal wees met hoe Hy jou geskape het. Dis belangrik om ʼn goeie selfbeeld te hê – iemand wat goed voel oor homself het ʼn positiewe invloed op die mense om hom.

Mense wat lief is vir hulself weet dat God hulle onvoorwaardelik liefhet net soos wat hulle is. Daar is iets baie spesiaals aan jou wat maak dat God jou oneindig liefhet. Ons sal nooit in hierdie lewe perfek en sonder foute wees nie, maar God sal ons nooit begewe of verlaat nie. God wil net die beste vir jou hê!

God is nie daarop uit om jou uit te vang as jy iets verkeerd gedoen het nie. God is daarop uit om te sien hoe Hy jou kan help om jou lewe voluit vir Hom te leef. God verstaan jou wanneer niemand jou verstaan nie. Hy is daar vir jou waar ander mense jou in die steek laat. Hy is daar om jou te vertroos wanneer jy die hartseer binne in jou vir niemand kan beskryf nie.

As finale bewys van Sy liefde vir jou, het Hy gekies om aan ʼn kruis te sterf sodat die sonde-skuld wat teen jou was, afgeskryf kon word. Die wonderlikste van die alles is, is dat jy nie Jesus hoef terug te betaal nie. Jy moet net dankbaar wees wat Hy vir jou gedoen het en besef dat jy niks sonder Hom is nie. Al wat God van jou wil hê dat jy Hom met jou hele hart en siel sal liefhê.

As jy sukkel om God se liefde vir jou te verstaan, is ʼn goeie beginpunt om bewus te raak van alles waarmee Hy jou geseën het. Deur dit te doen is jy ingestel op Sy liefde en raak jy bewus van hoe goed Hy eintlik vir jou is. God se liefde vir jou ken geen perke nie!

Begin deur elke dag opreg vir die Here dankie te sê vir alles wat Hy vir jou doen en vir jou gegee het. Sonder dankbaarheid sal jy gou ʼn onvergenoegde mens wees wat nooit met iets tevrede sal wees nie. Niemand hou van iemand wat oor alles kla en altyd ontevrede is nie!

Om ʼn verskil daar buite te maak kan jy nie in jouself twyfel nie en jy kan ook nie in God se liefde vir jou twyfel nie!

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: