Skip to content

Die Gholfbal en die Bybel

April 8, 2013

Die Gholfbal en die Bybel

Benescke Janse van Rensburg

My man is ’n kranige gholfspeler en van tyd tot tyd lê daar gholfballe in ons huis rond. Omdat ek nie self gholf speel nie, het ek tot sowat ’n week gelede, nie veel waarde aan hierdie balle geheg nie. Ek is tans 33 weke swanger, wat beteken dat rugpyn en -spasmas ’n gereelde verskynsel is. Die pyn en ongemak is veral erg as ek snags van lê-posisie verander, wat veroorsaak dat ek dan vir ’n paar minute wakker lê voordat ek weer aan die slaap raak. My man bedink toe ’n plan en stel voor ek plaas die gholfbal agter my rug op die spasma en rol daarop om die spasma uit te druk. En daar werk dit soos ’n bom! Skielik weet ek van elke gholfbal in ons huis en gaan my nagrus met heelwat minder pyn en ongemak gepaard.

Die meeste van ons het meer as een Bybel in die huis. Die vraag is egter of dit steeds vir jou ’n waardevolle besitting is of het dit vir jou soos die verdwaalde gholfballe geword, omdat jy die Bybel so lank gelede opgetel en gelees het? Wanneer ons nalaat om tyd saam met God te spandeer en Sy woord te bestudeer, begin ons met pyn en ongemak in ons gees tob oor uitdagings in ons lewens – hetsy finansieel, in jou huwelik, in die werkplek of met jou gesondheid. Dít terwyl God se woord, wat tot ons beskikking is, gevul is met beloftes wat ons in elke situasie bemoedig en met wysheid en hoop vul. Wanneer ons egter die waarde van hierdie beloftes in die Bybel in ons lewens begin ontdek, word dit net soos die gholfbal – van onskatbare waarde!

God se Woord is lewend en kragtig. In Hebreërs 4:12 lees ons dat die Woord skerper is as enige twee-kantige swaard en tot alles kan deurdring. Verder sê 2 Timotheus 3: 16-17: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek  . . .

Wanneer jy weer ongerief en pyn in jou gees ervaar, tel die woord van God op en vra die Heilige Gees om jou na die regte gedeelte te lei. Jy mag verbaas word oor hoe vinnig die “spasmas” uit jou lewe verdwyn en met hoeveel meer rustigheid jy sekere situasies hanteer omdat jy weet wat God daaroor sê. Sterkte.

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: